Pages

Thursday, May 23, 2013

Uittreksels uit interessante boeke

Die volgende boek in ons reeks se naam is "Moedertjie". Dit was Sophia Charlotte Scheepers (nee van der Merwe), wie Gideon Scheepers se ma was.

Sy was op haar dag 'n redelike bekende Suid Afrikaanse persoon as gevolg van haar seun se onverklaarbare lëe graf. Met die dat sy so redelik bekend was, moet ons navorsing nogal fyn gedoen word, en bring my op die interessantste boeke af.

Ek wil graag met julle so paar van die dinge wat ek raak lees, deel - 

Sophia Izedinova skryf in haar boek "A few months with the Boers" die volgende:"In general, it is interesting that really inhumane treatment of the blacks is not found among the Boers, who are even tempered and just. Their strict Christian heritage has developed in them as amazingly conscientious attitude to all suffering, even that of an illiterate savage."

Nou hiermee wil ek nie graag in 'n vreeslike debat ingaan oor apartheid en die wortels daarvan nie, maar dit is vir my lekker om te lees, dat hoewel ons geleer is op skool van die Groot Trek, en grootendeels die Zoeloe's onder Shaka as vreesaanjaende mense leer ken het, en hoe dankbaar ons as volk was oor die slag van Bloedrivier, ens. ens.... dat daar tog 'n duidelike wedersydse respek was tussen swart en wit mense in uittreksels soos die. In 'n ander boek "The Afrikaners" skryf Hermann Giliomee dat ons mense goeie veeboere was, en dat die swart mense goeie landbouers was. En so sou 'n boer dikwels eerder saam met 'n swart man wou boer as saam met 'n bywoner!

Maar hier is so bietjie meer oor ons mense in daardie tyd. Hulle was natuurlik nog baie godsdienstig -

Emily Hobhouse skryf van die Boerevrou:"Sy is mooi, fyn en sag - van die goed-ontwikkelde,senuweeagtige, donkerharige tipe van die Transvaalse vrou, nie soos die kalme,langsaam-sprekende Kapenaar nie. ... in die Boerevrou vind ons 'n baie eenvoudige vrouegeslag, kalm, en bestendig, maar altoos vol van gasvrye ingewings.Hulle besit skerpheid van blik en moedervernuf in oorvloed en hulle dek hul met agterdog soos 'n harnas. Slaag daarin om hierdie wapenrusting te deurdring en die vetroulikheid daaronder is so volkome soos van 'n kind. Verraai daardie vertroue en dit word nooit vergeet nie; wen dit, en u word aangeneem en vertrou soos 'n vriend. Die vrou het 'n natuurlike en huislike waardigheid, wat hulle goed staan en eerbied afdwing."


 


Hierdie is 'n foto van Tibbie Steyn - President Steyn se vrou, met wie Emily Hobhouse bevriend geraak het.

No comments:

Post a Comment