Pages

Wednesday, May 1, 2013

Boekbekendstelling foto's - Erfenisstigting

Ag wat 'n heerlike reis is dit nie sover nie!

Ek het gou vanaand die foto's gaan haal by my boetie en my niggie van die foto's en video's wat geneem is van ons bekendstelling wat by die Voortrekker monument, by die erfenisstigting gehou is op die 20ste April.

Hier is 'n oulike artikel wat op LitNet gesit is deur my boetie - Hein:
http://www.litnet.co.za/Article/boekbekendstelling-skrywertjie


Kyk net die mooi sentrum wat by die Voortrekkermonument is!

Dit was 'n heerlike aand, met nog 'n paar interessante fondse deur 'n ander Sophia Charlotte se dogter - Almarie. Kyk net hierdie mooi foto's van oumagrootjie Scheepers (die volgende boek se hoofkarakter):


 Kyk net hierdie kosbare briefie wat Almarie gebring het om te wys - oumagrootjie Scheepers (my oor-oumagrootjie) het dit geskryf toe sy al 100 jaar oud was.
 Hierdie pragtige voorskoot het sy vir Almarie gemaak met die hand!


Die huis waarin oumagrootjie gebly het op Wintershoek (bo) en op Roodepoort (onder) soos dit vandag lyk:




Hier is die res van die foto's op my facebook-profiel, gaan kyk gerus!
https://www.facebook.com/media/set/?set=a.10151430719108981.1073741828.715933980&type=1&l=255c706edf

No comments:

Post a Comment