Pages

Thursday, May 2, 2013

'n Road Trip saam met 'n Sophia Charlotte!

Ons gaan op 'n road-trip! Ek en my ma en my dogtertjie Charma (wie Sophia Charlotte sou wees as ons nog baie op tradisie gefokus was). 'n Egte Sophia Charlotte road-trip waar ons gaan ry en stop en skryf en praat en musiek luister en oorslaap en eet en alles!

Ons ry volgende week Woensdag uit Meyerton, Winburg toe. Daar sal ons gaan kyk na die Winburg se Voortrekker museum. Ons eerste karakter - Sophia Charlotte Papenfus (wie met Schalk van der Merwe getrou het) - of "Skrywertjie", het haarself daar bevind in 1856, toe haar dogter - Sophia Charlotte - gebore is.

In Winburg is daar ook 'n konsentrasie kamp gewees, waar ons sal rondloop.

Van daar af sal ons Bloemfontein toe ry - net so 120km verder, waar ons sal oorslaap.

In Bloemfontein is daar natuurlik nogal BAIE geskiedenis. Maar ons is op soek hoofsaaklik na 'n mooi foto van die Anton van Wouw standbeeld van die uitgeteerde kind, wat die ongev. 27 000 vroue en kinders gedenk wie gesterf het in die konsentrasiekampe.

So het Bloemfontein gelyk in omtrent 1900 (dankie aan Wikipedia!)

Ons sal definitief na die Oorlogsmuseum toe gaan en die Vrouemonument.

EN DAN... die grooooot "event", sal natuurlik wees Graaf Reinet.

Eerstens natuurlik om Skrywertjie se ma en pa te gaan soek in die begraafplaas, en ook natuurlik om ons "Scheepers-trots" - Gideon Scheepers se gedenksteen te gaan soek. Dit gaan baie interessant wees, en ons sal baie foto's neem en hopelik baie stories veramel op pad.

No comments:

Post a Comment