Pages

Monday, March 18, 2013

Life Event - Published a Book

So het ek dit op facebook gesit. Dit is regtig 'n "life-event".

Dit gaan saam met jou eie geboorte, die dag wat jy jou eerste soen gekry het, die dag wat jy getrou het en al daardie tipe goed. Ek het geweet dit gaan lekker wees, maar nie gedink dit gaan SO lekker voel nie! 

Dit voel ook bietjie soos 'n "bucket-list" item.

Wow! En die afgelope paar dae dryf ek my man teen die mure uit want al wat ek doen is om elke 5 minute op facebook of die blog te kom kyk hoeveel bestellings daar is.

Dit is darem regtig 'n ongelooflike gevoel!

En daar staan die bokse vol nuwe boeke. En dit is ONS boeke. My en my ma se boeke. Self uitgedink En geskryf!

Ek hoop julle almal gaan OF by ons boekbekendstellings OF by ons aanlyn-winkel 'n boek (of drie!) koop.





Saturday, March 16, 2013

Boekbekendstelling uitnodiging


Indien jy nie op facebook of per e-pos genooi is nie, sien dan asseblief HIERDIE "blog post" as jou uitnodiging!

Ons nooi U en U metgesel na die bekendstelling van

Skrywertjie

Boek Een in die reeks historiese romans

Die Sophia Charlotte Verhaal 

wat handel oor die lewens van die interessante vroue met daardie naam in die skrywers se familie.
Dit vind plaas op die 12de April in die Vaaldriehoek by die Randvaal biblioteek om 9h30 die oggend, en dan ook op die 20ste April by die Voortrekkermonument in die Erfenisstigting se foyer om 17h30 die namiddag.

Ligte verversings, musiek en voorlesing sal bedien word, en boeke sal ook te koop wees op daardie dag.

RSVP asb teen die 5de April by charlotte.s@telkomsa.net OF rutcloete.is@gmail.com


Saturday, March 9, 2013

tee, koekies, musiek en voorlesing

 Ek weet nie van julle nie, maar ek LIEF tee, koekies, musiek en voorlesing!

En raai wat? Dit is definitief 4 van die goed wat by ons boekbekendstellings gaan wees! As jy wil SEKER maak ek nooi jou na ons funksies toe - "comment" op hierdie "post", of stuur vir my 'n e-mail na rutcloete.is@gmail.com.


Friday, March 8, 2013

Boekbekendstelling!

So, ons is vreeslik opgewonde oor die feit dat ons boek VOLGENDE WEEK hier gaan wees!
so lyk ons voorblad:


Mooi, nĂȘ!!

Ons sal in die Vaaldriehoek en in Pretoria boekbekendstellings hou waar ons ligte verversings sal bied en ook voorlesings uit die boek. Natuurlik sal die skrywer(s) die boek (wat jy sal kan koop daardie aand) vir jou kan teken ook.

En, ons aanlyn-winkel is nou ook mooi aan die gang, so as jy nie veel omgee vir 'n boekbekendstelling met verversings en musiek en voorlesing nie, bestel solank jou boek.