Pages

Monday, March 18, 2013

Life Event - Published a Book

So het ek dit op facebook gesit. Dit is regtig 'n "life-event".

Dit gaan saam met jou eie geboorte, die dag wat jy jou eerste soen gekry het, die dag wat jy getrou het en al daardie tipe goed. Ek het geweet dit gaan lekker wees, maar nie gedink dit gaan SO lekker voel nie! 

Dit voel ook bietjie soos 'n "bucket-list" item.

Wow! En die afgelope paar dae dryf ek my man teen die mure uit want al wat ek doen is om elke 5 minute op facebook of die blog te kom kyk hoeveel bestellings daar is.

Dit is darem regtig 'n ongelooflike gevoel!

En daar staan die bokse vol nuwe boeke. En dit is ONS boeke. My en my ma se boeke. Self uitgedink En geskryf!

Ek hoop julle almal gaan OF by ons boekbekendstellings OF by ons aanlyn-winkel 'n boek (of drie!) koop.





No comments:

Post a Comment