Pages

Wednesday, April 24, 2013

Ons is in die koerant!

Kyk nou net! Is dit nie mooi nie?

Die storie is nie heeltemal reg nie - prinses Sophia Charlotte het met George III van Engeland getrou en ongelukkig nooit in Suid Afrika kom woon nie, maar die res klink redelik korrek!

Thursday, April 18, 2013

Sophia Charlotte, die tweede

Nouja, mens kan nie vir altyd bly op een plek nie, en ek is saam met die opgewondenheid oor ons eerste boek, amper nog MEER opgewonde oor die tweede een!

Maar laat ek myself nie nou een voorspring nie.

Pets Marais het 'n boek geskryf met die naam "Die vrou in die Anglo-boereoorlog". Daarin beskryf sy hoe die Afrikaners was voor die oorloë. (Die eerste en tweede vryheidsoorloë). Sy sê dat ons mooi dorpe gehad het, op Europese standaarde, met goeie skole, parke en 'n lewendige sosiale en kultuur-program. Afrikaanse vrouens was gesteld op hulle voorkoms, en het al die nuutste modes gevolg soos die nuus deurgekom het van oorsee af. Meubels en klere en huislike ware is selfs ingevoer van Europa en Brittanje af.

Ons praat nou van die jare so van 1850 tot so 1880, die Groot Trek is verby en die mense is gevestig in Die Oranje Vrystaat en in die Zuid Afrikaanse Republiek. Die ZAR is erken na die ondertekening van die Sandrivier konvensie in 1852. In die kolonie is ook Afrikaners, maar die kolonie is nog onder Britse beheer. Vrouens het pragtig gelyk met hare wat opgevat is, en uitklok rokke.
Vrouens het egter nogsteeds hard gewerk, BAIE kinders gehad en was baie godsdienstig. Die taal Afrikaans het begin om 'n taal te word in sy eie reg, met die GRA (Genootskap vir Regte Afrikaners) wat pos gevat het en begin veg het vir die taal in sy eie reg. Meeste boeke en dokumente was in Nederlands, en natuurlik was baie in Engels.

Die posdiens was redelik goed gevestig al, en so ook biblioteke, en treindienste. Die telefoon het sy verskyning gemaak nader aan die draai van die eeu.

Op hierdie blog: http://mieliestronk.com/poskantore.html  skryf hy die volgende oor posdienste:

Die eerste werklike poskantoor aan die Kaap het eers ’n paar jaar voor die einde van die Kompanjie se bewind tot stand gekom. Op 2 Maart 1792 het waarnemende goewerneur Johan Isaac Rhenius ’n proklamasie uitgevaardig dat daar ’n poskantoor aan die Kaap geopen sou word. A.V. Bergh is as posmeester aangestel, en die kamer langs die spens in die Kasteel sou as poskantoor ingerig word. Benewens die posmeester was daar een posbode of briewebesteller.

Maar dit was eers in 1805, onder die Engelse bewind, dat ’n begin met ’n gereelde binnelandse posdiens gemaak is.

In 1849 is die Oranjerivier-Soewereiniteit se eerste poskantoor geopen, gevolg deur vier in 1850 in KwaZulu-Natal. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (voormalige Transvaal) se eerste poskantoor by Ferreira’s Camp het al die pos na die goudmyne gehanteer.  

Teen 1899 was alle dele van Suid-Afrika deur poskoetsroetes verbind. ’n Gereelde posdiens is ingestel en ’n posunie het tot stand gekom tussen wat nou die nege provinsies van Suid-Afrika en Mosambiek is.

Wat die seepos betref, het skepe wat na en van Indië gereis het, van 1815 af een keer per maand pos uit Engeland aan die Kaap afgelewer. Die seereis van 114 dae is tot 58 dae verkort toe die eerste stoomskip, die Enterprise, in 1825 in Tafelbaai aangekom het. In 1857 het die Union Line die Kaapse seeposdiens oorgeneem. In 1900 het die Union en die Castle Line saamgesmelt om die Union-Castle Mail Steamship Company te vorm. Die laaste posskip, die Windsor Castle, het in September 1977 uit Tafelbaai vertrek. 

So dis lekker om te weet dat ons "karakters" vir mekaar kon skryf oor nuus van oral oor. Want wat nou gebeur het, is dat ons storie oorskuif na die Transvaal toe. Vir die wie ons eerste boek - "Skrywertjie" nou al gelees het, Feitjie en Schalk het in Graaff Reinet getrou, maar in ons volgende boek, is hulle Sophia Charlotte gebore, en hulle woon op die plaas Wintershoek, naby Middelburg.

 


 

Monday, April 15, 2013

Ons eerste boekbekendstelling - by Randvaal Biblioteek.

Ons het ons eerste boekbekendstelling gehou in Randvaal se biblioteek en dit was so lekker!

Ek dink 'n mens kry min die voorreg om so 'n droom te sien waar word, en dit was heerlik om dit met my ma te deel.

Fourie Ackerman se sketse wat ons in die boek gebruik het

My sussie Naomi en haar vriendin, Lisa het die dekor vir ons gedoen - 
 

Sy het foto's gemanipuleer en gebruik vir ons uitstalling van prinses Sophia Charlotte, en ook van Carli, wie geposseer het as ons karakter, Feitjie. Carli is my oudste sussie, Charlotte, se dogter.


Soos belowe, was daar musiek!! Ek op die fluit en my sussie Maria op die kitaar.


Hier is die skildery van Feitjie en die prinses in die agtergrond wat ons boek se voorblad is. Die stoel sal julle ook raaklees in al die boeke!


My sussie Maria het gesing ook - ons het net afrikaanse volkliedjies en so paar liedjies van Coenie de Villiers en Louis Britz gebruik.




My pa het gehelp om die boek verkope te beman. Onthou dat julle boeke kan bestel op ons blog, of stuur net 'n e-pos vir my of my ma. As julle naby ons bly, dan kan ons die boek sommer vir jou bring ook!


Wat sal mens tog sonder familie doen?? My sussie Maria het die eetgoed en drinkgoed vir ons gedoen - dit het vreeslik mooi gelyk met mooi afrikaanse sê-goed en gedigte op papiertjies op elke bordjie.



Ons het altwee elke boek onderteken wat verkoop is - 


Selfs Midvaal se burgermeester was daar - Timothy Nast, en hy het 10 boeke gekoop vir die biblioteke in Midvaal!


Tannie Rita Otto het vir ons seremonie meester gespeel -


Hier staan ek gereed om my toespraak te lewer!


Dit was vir my so 'n besonderse dag gewees!


My moeder het ook gepraat en vir ons voorgelees uit ons VOLGENDE boek - net om almal lus te maak daarvoor!


My sus het ook baie mooi voorgelees - uit Skrywertjie.



 Nou lê die Pretoria boekbekendstelling nog voor, en ek kan omtrent aan NIKS anders dink nie!

As jy dit kan bywoon - kom asseblief! Laat weet my as jy kom, of as jy dit nie sal maak nie - koop 'n boek!