Pages

Tuesday, December 11, 2012

'n Vanne-dans

Nouja, dis seker nou al duidelik dat ons navorsing oor ons familie nie verbonde was aan net EEN van nie. Die van moes elke keer ordentlik nagevors word soos die Sophias trou. Ons Papenfus het van der Merwe geword, en haar dogter Sophia het toe met 'n Scheepers getrou. Scheepers se dogter Charlotte het met 'n Liebenberg getrou en dan loop ons storie 'n draai met 'n Botha, dan 'n Cilliers en dan 'n Stapelberg.

Snaaks hoe dit maar altyd die vrou was wat die minste moes wees en haar man se van oorneem. Nee, ek is nou nie een van daai vrouens wat vreeslik verontreg voel oor simpel goed soos dit nie! Dit was eintlik glad nie snaaks nie. Die mense het maar net aangehou met hulle gebruike soos wat dit oorgekom het van Duitsland, Nederland, Frankryk en waarookal daar nog blink-oog mense vandaan gekom het na hierdie wonderlike kontinent Afrika. En dit het eintlik sin gemaak ook, maar ek wil nou nie eintlik in daardie gesprek ingetrek word nie.

Nee, wat ek probeer sĂȘ is dat dit ons storie soveel meer interessant maak. Wie sou nou ooit kon raai dat 'n Stapelbergse Sophia Charlotte, 'n afstammeling is van 'n Papenfus Sophia Charlotte! Hierdie maak eintlik 'n magdom moontlikhede oop, want was Heinrich Papenfus die eerste een om sy dogterjie(s) na die prinses te vernoem? Of was hulle dalk op meer maniere verbind aan mekaar as dat hulle van dieselfde dorpie afkomstig is? En kan dit wees dat alle Sophia Charlotte's van die een prinses se naam afkom?

In elk geval. In ons storie dans ons met vanne. Dit is 'n fees om van die een van na die volgende te spring en te wonder en te droom oor hoe presies ons karakter kon gewees het. Ons ken darem so paar Sophia Charlotte's om ons 'n goeie idee te kan gee!

Hier sit drie van ons Sophia Charlotte's - die baba is my ma - Sophia Charlotte Stapelberg(nee Cilliers); die vrou wat staan links agter was my ouma - Sophia Charlotte Cilliers (nee Botha); en die vrou wie sit op die stoel is my agter-oumagroutjie - Sophia Charlotte Scheepers (nee van der Merwe). Die regterkantste vrou was my oumagrootjie - Catharina Elizabeth Botha (nee Scheepers).





No comments:

Post a Comment