Pages

Saturday, December 1, 2012

Graaff Reinet - waar ons storie eintlik begin


Die Muller-gesin op Graaff-Reinet. C.T. Muller het in 1790 van Duitsland na die Kaap toe gekom. Hy het met R.C. Boshoff getrou en hulle het eers op Swellendam gewoon en toe in 1812 na Graaff-Reinet verhuis, waar hy ’n handelsaak opgerig het. Sy vrou en vier dogters is om hom besig met naaldwerk, lees, skryf en musiek maak. - http://nuwegeskiedenis.co.za/deel-1-hoofstuk-2-n-vestigingskolonie-die-plattelandse-lewe/
Regina Catharina Boshoff en Theodorus Carel Muller het in 1812 na Graaff Reinet getrek. Graaff Reinet was die derde distrik wat verklaar was in Suid Afrika. Die Kaap was eerste, toe was dit Swellendam, en daarna was dit Graaff-Reinet. Met al 8 die grensoorloƫ teen die Xhosa's, was Graaff Reinet redelik beskerm, en dit was 'n veilige dorp om in te woon. Gert Maritz, die trekleier het in Graaff Reinet gewoon, en Johannes Meintjies, die voorsaat van die bekende kunstenaar, was soos 'n eiendoms agent in daardie tyd wat onder andere die trekkers gehelp het om hulle eiendomme te verkoop voor hulle getrek het..

Dit was so lekker om die lyne so stukkie vir stukkie te ontrafel - ons het vreeslik gesukkel om die Papenfusse se name almal te kry, maar toe ons dit eers het, toe word dit lekker om hulle gedaante te begin gee in die storie. Ek kom ook uit 'n groot gesin, en natuurlik het my ma haar vreeslik ingeleef om die dinamiek in so groot gesin uit te beeld in die boek!

Daar is vreeslik baie geskiedenis nog oor in Graaff Reinet, wat eintlik ongelooflik is. Die ou kerk, byvoorbeeld, is al 220 jaar oud (website : http://www.graaffreinet.co.za). Hier is 'n foto wat op die website geplaas is:


No comments:

Post a Comment