Pages

Thursday, April 18, 2013

Sophia Charlotte, die tweede

Nouja, mens kan nie vir altyd bly op een plek nie, en ek is saam met die opgewondenheid oor ons eerste boek, amper nog MEER opgewonde oor die tweede een!

Maar laat ek myself nie nou een voorspring nie.

Pets Marais het 'n boek geskryf met die naam "Die vrou in die Anglo-boereoorlog". Daarin beskryf sy hoe die Afrikaners was voor die oorloë. (Die eerste en tweede vryheidsoorloë). Sy sê dat ons mooi dorpe gehad het, op Europese standaarde, met goeie skole, parke en 'n lewendige sosiale en kultuur-program. Afrikaanse vrouens was gesteld op hulle voorkoms, en het al die nuutste modes gevolg soos die nuus deurgekom het van oorsee af. Meubels en klere en huislike ware is selfs ingevoer van Europa en Brittanje af.

Ons praat nou van die jare so van 1850 tot so 1880, die Groot Trek is verby en die mense is gevestig in Die Oranje Vrystaat en in die Zuid Afrikaanse Republiek. Die ZAR is erken na die ondertekening van die Sandrivier konvensie in 1852. In die kolonie is ook Afrikaners, maar die kolonie is nog onder Britse beheer. Vrouens het pragtig gelyk met hare wat opgevat is, en uitklok rokke.
Vrouens het egter nogsteeds hard gewerk, BAIE kinders gehad en was baie godsdienstig. Die taal Afrikaans het begin om 'n taal te word in sy eie reg, met die GRA (Genootskap vir Regte Afrikaners) wat pos gevat het en begin veg het vir die taal in sy eie reg. Meeste boeke en dokumente was in Nederlands, en natuurlik was baie in Engels.

Die posdiens was redelik goed gevestig al, en so ook biblioteke, en treindienste. Die telefoon het sy verskyning gemaak nader aan die draai van die eeu.

Op hierdie blog: http://mieliestronk.com/poskantore.html  skryf hy die volgende oor posdienste:

Die eerste werklike poskantoor aan die Kaap het eers ’n paar jaar voor die einde van die Kompanjie se bewind tot stand gekom. Op 2 Maart 1792 het waarnemende goewerneur Johan Isaac Rhenius ’n proklamasie uitgevaardig dat daar ’n poskantoor aan die Kaap geopen sou word. A.V. Bergh is as posmeester aangestel, en die kamer langs die spens in die Kasteel sou as poskantoor ingerig word. Benewens die posmeester was daar een posbode of briewebesteller.

Maar dit was eers in 1805, onder die Engelse bewind, dat ’n begin met ’n gereelde binnelandse posdiens gemaak is.

In 1849 is die Oranjerivier-Soewereiniteit se eerste poskantoor geopen, gevolg deur vier in 1850 in KwaZulu-Natal. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (voormalige Transvaal) se eerste poskantoor by Ferreira’s Camp het al die pos na die goudmyne gehanteer.  

Teen 1899 was alle dele van Suid-Afrika deur poskoetsroetes verbind. ’n Gereelde posdiens is ingestel en ’n posunie het tot stand gekom tussen wat nou die nege provinsies van Suid-Afrika en Mosambiek is.

Wat die seepos betref, het skepe wat na en van Indië gereis het, van 1815 af een keer per maand pos uit Engeland aan die Kaap afgelewer. Die seereis van 114 dae is tot 58 dae verkort toe die eerste stoomskip, die Enterprise, in 1825 in Tafelbaai aangekom het. In 1857 het die Union Line die Kaapse seeposdiens oorgeneem. In 1900 het die Union en die Castle Line saamgesmelt om die Union-Castle Mail Steamship Company te vorm. Die laaste posskip, die Windsor Castle, het in September 1977 uit Tafelbaai vertrek. 

So dis lekker om te weet dat ons "karakters" vir mekaar kon skryf oor nuus van oral oor. Want wat nou gebeur het, is dat ons storie oorskuif na die Transvaal toe. Vir die wie ons eerste boek - "Skrywertjie" nou al gelees het, Feitjie en Schalk het in Graaff Reinet getrou, maar in ons volgende boek, is hulle Sophia Charlotte gebore, en hulle woon op die plaas Wintershoek, naby Middelburg.

 


 

No comments:

Post a Comment