Pages

Thursday, January 8, 2015

Terugvoering op Helpertjie!

Vandag wil bietjie spog met terugvoering wat ons al gekry het vir ons boeke. Dit is een soort lekker om die boeke se navorsing en skryfwerk te doen, maar dis 'n heeltemal ander tipe lekker wanneer mense dan terugkom en sĂȘ hoe hulle dit geniet het!


Hallo Charlotte, 2015 alweer 'n week oud! Mag die nuwe jaar vir jou, Wynand en julle pragtige nageslag baie voorspoedig en geseend wees! Baie geluk met jou en Ruth se pragtige 3e boek "Helpertjie"! Het die boek verslind! Was so boeiend en emosioneel, kon dit nie neersit nie en het tot 00:00 in die nag gesit en lees! Wou net weet wat met Charlotta gaan gebeur! So 'n pragtige boek wat so lekker lees in ons pragtige taal en ons hartseer geskiedenis! Baie interessant hoe jy daarin geslaag het om die impak van die geskiedenis op beide swart en wit weer te gee in die twee storielyne. Die navorsing wat gedoen is, 'n monumentale taak! Ek het ook die voorreg gehad om jou pragtige suster te ontmoet, net so fyn en pragtig soos jy!  Nogmaals baie geluk met julle mooie boek en mag die nabye toekoms nog sulke lieflike boeke oplewer! Hoop julle is alreeds besig daarmee! Mooi bly en lekker werk in jou lekker-ruik roostuin! Jy is 'n ster!! Baie liefde. Susara Lorio

No comments:

Post a Comment