Maar daar is nog soveel vrae!
Intussen moet ek my fokus nou weer terugskuif na ons volgende boekbekendstelling toe. Ons boek is klaar en gereed vir 'n lekker aand. Ek weet van niemand anders wat so vinnig 'n reeks boeke skryf nie, maar nouja, as daai Sophia Charlotte bloed in jou are vloei, is dit seker maar hoe dit werk!
Hier is ons uitnodiging:
Liewe
Familie en Vriende (en blog-lesers!),
Baie
dankie vir elkeen se ondersteuning met die bekendstelling van ons eerste boek, Skrywertjie. Dit was baie dapper van jou
om geld uit te gee om dit te koop, nie wetende wat om te verwag nie. Dankie vir
dié van julle wat my met mooi woorde aangemoedig het omdat jy met vriendelike
oë ons boekie gelees het.
|
SKRYWERTJIE ERRATA
Bl.70 Prinses Charlotte se brief, vierde
lyn: George ipv Charles
Bl.
84, 3de paragraaf, 3de lyn: Paradysvoëlblom
Bl.
132, 5de paragraaf: wonderlike
nuus
Bl.
145, 9de paragraaf, 4de lyn: Oujaan
Bl
152, 6de paragraaf: om koffie te maak
Jammer
vir die foutjies wat deurgeglip het.
Hierdie
is om jou te laat weet dat die tweede boek in die reeks Moedertjie gedruk is en gereed is vir verspreiding. Dit handel oor
die volgende Sophia Charlotte in die lyn, naamlik my Oumagrootjie wat gedurende
haar leeftyd albei die Vryheidsoorloë sowel as die Wêreldoorloë in ‘n mindere
of meerde mate beleef het. Soos in die eerste boek, is die verhaal rondom
geskiedenisgebeure en familieverbintenisse en –verhoudings geweef. In hierdie boek kon ons heelwat foto’s gebruik,
asook weer ‘n paar pragtige sketse deur Fourie Ackermann. Die voorblad is ook
weer deur Fourie gedoen met ‘n ou foto van my Oumagrootjie as basis. My dogter
Rut het weer uitstekende navorsingswerk gedoen wat heelwat verrassings
opgelewer het. Weereens was dit opwindend om die fiktiewe vertelling te verweef
met die werklike gebeure.
Indien
jy belangstel om dit te koop (die prys is weer R150), kan jy dit op een van
drie maniere doen: woon die bekendstelling op 1 November 2013 in Randvaal, of
op 15 November in Alkantrant by, in die
sysaal van die biblioteek om 10 uur(albei kere) en kry dit daar by ons (dit sal
lekker wees om jou weer te sien); of bestel een by ons per e-pos, sms, of
foonoproep, dan pos ons dit vir jou; of, indien jy in die Vaaldriehoek of
Pretoria woon en nie ‘n bekendstelling kan bywoon of posgeld wil betaal nie,
kontak my of Rut om ‘n reëling te tref vir die afhaal van die boek. Die posgeld
is R30 na enige plek in Suid Afrika.
Laat
weet asseblief indien jy een van die bekendstellings kan bywoon, ter wille van
getalle.
Vriendelike
groete,
Charlotte en
Rut
NS.
Daar is nog enkele vriende wat ‘Skrywertjie’ se geld verskuldig is, hulle sal
weet wie hulle is. Ons herinner jou dat jy die R150 kan inbetaal by:
S.C.Stapelberg, Capitec Bank ,
Spaarrekening nr. 1306298782
Takkode 470010
|
....met
JOU NAAM as verwysing asseblief. Indien jy nie regkry om ‘n verwysing by te sit
nie, sms my net en sê op watter datum jy dit inbetaal het, dan kan ek die naam
by die betaling sit. Dankie, C.
Charlotte 083 945 0202 Rut 082 553 1710
No comments:
Post a Comment