Pages

Tuesday, July 16, 2013

Die Genootskap van Regte Afrikaners

Die GRA. Jip - daar was regtig so 'n genootskap.
Dankie Wikipedia vir hierdie prentjie asook hierdie inligting:

Op 25 September 1875, tydens die tweede vergadering, kry die G.R.A. sy finale beslag onder voorsitterskap van S.J. du Toit.
Doel: "Om te staan vir ons Taal, ons Nasie en ons Land." Missie:
  • Vertaling van die Bybel in Afrikaans;
  • Uitgawe van 'n maandblad, Die Afrikaanse Patriot;
  • Opstel van 'n Afrikaanse Spraakkuns en Woordeboek.
Lied: Ieder nasie het sy land.

Nouja, vanaand het ek en 'n maatjie saam uitgegaan en Gera Phielix se verhoogstuk "Trek" gaan kyk by die Atterbury teater, en ek het net weer besef hoedat Afrikaans nogal sy merk maak in ons lewe.
Ek moet sê, dis nou nie asof ek ooit die regte "trotse Afrikaner" was wie die gelofte feeste ens. bygewoon het nie. Ek was nie 'n "Voortrekker" nie, en my hart was nie gebreek toe ons "Nkosi Sikilele Afrika" moes leer op skool in plaas van "Die Stem" nie. Maar ek moet sê toe ek vanaand by Grafitti se boekwinkel (naby die Atterbury Theatre) rondloop en al die mooi Afrikaanse boeke sien, toe voel ek nogal bly in my hart om deel te kan wees van die beweging. Amper soos die GRA.

Ons het 'n mooi taal, en 'n baie interessante geskiedenis. En sonder om emosioneel onstabiel te raak oor die stand van sake in die land, kan ons maar trots wees daarop. Daar is baie dinge wat ons onsself oor kan skaam wat gepaard gaan met die Afrikaner, maar ons taal is nie een van hulle nie. En ook nie ons mooi gedigte en verhale nie.

Ek dog ek sê dit net so terloops voor ek gaan slaap.

No comments:

Post a Comment