Pages

Tuesday, April 8, 2014

Die bal is aan die rol

Fourie Ackerman, die man wie al die sketse en voorbladdens vir ons skilder en skets was weer hier gewees, en hy sal binnekort aan die gang kom met ons derde boek - Helpertjie - se voorblad. Elke voorblad sover was die hoofkarakter (Sophia Charlotte, natuurlik) op die voorgrond, in die agtergrond was 'n berg en ook die subkarakter.

Hier is Skrywertjie se voorblad weer:

Die berg in die agtergrond is natuurlik Spandaukop wat so 'n bekende baken is van Graaff Reinet, mens sien hom selfs van die ou begraafplaas af.

Dan is ons sub-karakter natuurlik prinses Sophia Charlotte - hier is 'n bekende skildery van haar:

Ons tweede boek, Moedertjie is dieselfde komposisie gebruik:


Ons Sophia Charlotte, bietjie ge"glamourise" van hierdie foto af:
In die agtergrond is ons fiktiewe karakter - "Soufie". Sy is 'n Pedi meisie wie grootword op die sendingstasie, Botshabelo. En die berg in die agtergrond is natuurlik Majuba.

Nouja, om eg te bly aan ons eerste twee boeke, sal ons derde voorblad baie dieselfde komposisie volg, en ons het reeds besluit op die berg in die agtergrond, en die foto wat ons sal gebruik vir ons Sophia is die een:
Hoewel ons nie 100% seker is dat sy links agter staan nie, gaan ons hom gebruik. In die vorige pos het ek verduidelik hoekom ons dink dat dit sy is, en ek dink nogal dat daar trekke is tussen haar en die foto net bokant die een van haar ma toe sy 16 was?

Ek geniet hierdie deel altyd vreeslik baie - wanneer ons die prentjies en foto's bymekaar kry!

Ons trek al by 22 hoofstukke, en soos gewoonlik sal ons 'n skets of foto vir elke hoofstuk hê. Sover het ons 18 foto's wat ons dalk sal gebruik.. ons sal maar sien waarmee ons opeindig.

Thursday, February 20, 2014

Misterieuse Karakters


Ons derde Sophia is 'n donker perd. Niemand kan haar onthou nie. Ons oudste lewende bron van inligting was nog nie eers gebore teen die tyd dat ons Sophia dood is nie. Al wat sy weet is dat sy (ons Sophia)'n baie hartseer lewe gehad het.

Ons weet nie hoe sy lyk nie, of hoe sy was nie. Al wat ons weet is dat sy in 1876 gebore is op Oshoek in Ermelo en dat sy dood is en begrawe is op ons (nou al bekende) Roodepoort. Sy is begrawe reg langs ouma Feitjie in 1915. Sy is in dieselfde jaar dood as haar jonger sussie Ellie. Ellie is langs haar ouma Elsje begrawe, ook op Roodepoort. Hennie het reeds 3 kinders gehad teen die tyd wat hy met Sophia getrou het. Daarna het sy nog 8 kinders van haar eie gehad. 

Toe kry ek die foto. Dit is beslis my oupagrootjie Salmon Botha en oumagrootjie Kate Scheepers regs op die foto. Hulle troudatum is 14 Desember 1903.  Wat ek uitgevind het op wikitree deur Wilhelm Pretorius is dat oupagrootjie Salmon saam met sy broer Piet op dieselfde dag getrou het. Piet het op die plaas Grootlaagte geboer en Salmon het verskeie plase gehad, die een wat ons die beste ken is Roodepoort. Regs agter is verseker Biel (Schalk Willem) Scheepers, Gideon Scheepers se broer. Maar WIE is links agter??

Kan dit ons Sophia Charlotte wees wie met Hendrik Liebenberg getrou het?


Hier is 'n foto wat geneem is jare later (1934) op oupa Koos Scheepers se verjaardag op Roodepoort. (Die huisie in die agtergrond is die een wat ons gekry het laas toe ons op Roodepoort was!)

As dit Hendrik en Sophia is op die troufoto, het Hendrik (of Hennie, soos hy genoem is) nogsteeds dieselfde hoed gehad!


Sunday, February 16, 2014

'n Lewe vol avontuur

Ons het een Saterdag einde laasjaar weer gaan rondry op die plase, en net die laaste paar vrae beantwoord. Dit was betowerend - om die minste te sê. Die keer het ons ook op Grootlaagte gaan draai maak ook. Dit was 'n Botha-plaas, en behoort nou ('n gedeelte daarvan) aan Gawie van Rensburg.

Oom Kobie verduidelik vir ons waar die lanings bloekombome was wat Emily Hobhouse aangeplant het om te help met die opbouing van die Boere republieke na die oorlog
Gawie en oom Kobie het ons rondgewys op Wonderfontein - waar die plaas-skooltjie was en waar my ouma ook 'n ruk lank skool gegaan het. Ons het die Visser, Marx'e en 'n ongemerkte Engelsman se graf daar gaan kyk, en heerlik gedroom oor wat was.
In hierdie gang is die Engelsman doodgeskiet

Hierdie was die Engelsman se graf wat my oupagrootjie Botha (of een van sy broers) doodgeskiet het in hulle huis.


Wintershoek was ook lekker om te besoek, want Almarie was saam met ons gewees.

Almarie staan by haar ouma Lettie se graf op Wintershoek


Almarie is die dogter van ons "Moedertjie" - Sophia Charlotte Scheepers, se dogter Aletta Maria Beukes, se dogter Sophia Charlotte Schoeman (Charl). Vir alle praktiese doeleindes was dit vir haar soos om terug te gaan huistoe, want sy was so lief vir hulle plaas. Dit was heerlik. Charl en Pieter (Almarie se ouers) het vir ons kaarte geteken van waar alles was toe Ant Lettie-hulle nog op die plaas gebly het. Dit is darem maar regtig mooi wereld daar, en mens kan verstaan hoekom ons voorgeslagte daar sou wou woon.

'n stukkie wat oor is van Ant Lettie se huis

Die hoogtepunt van die dag was egter toe ons weer terug gegaan het Roodepoort toe, en die huis gaan soek het waar oumagrootjie Scheepers gewoon het ("Moedertjie"). En danksy oom Pieter se kaart en Almarie se neus :-) het ons die huisie gekry! Dit was te wonderlik!

Oumagrootjie Scheepers se huis - hier is baie familiefoto's geneem
Nouja, dit was ook nie die einde nie, want met die bakens op oom Pieter se kaart wat so bymekaar gekom het, weet ons toe ook presies waar my oupagrootjie Botha se huis moes gewes het, en hy staan nog daar in sy volle glorie:

My oupagrootjie Botha se huis op Roodepoort

Die een-dag trippie was genoeg om my en my ma weer vuur en vlam te maak vir die boek. Dit maak so 'n verskil as jy 'n idee het van die omgewing en hoe die huisies gelyk het, om jou beter te kan inleef in die boek in.

Die eerste twee boeke is nou beskikbaar om te koop, en die derde boek is sterk oppad!

Kontak gerus vir my of my ma indien jy die boeke wil koop.

Sunday, October 20, 2013

Weer 'n boekbekendstelling!

Sjoe, die tyd vlieg! Ek het 'n maand laas iets gepos op hierdie blog, hoewel ek darem bietjie navorsing gedoen kon kry. Ek sukkel my nog morsdood om ons derde Sophia Charlotte se nageslag (direkte) op te spoor. Ek het nou al foto's gekry van haar kinders en kleinkinders, ek weet waar haar graf is, en haar man s'n. Ek weet selfs waar haar een dogter afgetree het.

Maar daar is nog soveel vrae!

Intussen moet ek my fokus nou weer terugskuif na ons volgende boekbekendstelling toe. Ons boek is klaar en gereed vir 'n lekker aand. Ek weet van niemand anders wat so vinnig 'n reeks boeke skryf nie, maar nouja, as daai Sophia Charlotte bloed in jou are vloei, is dit seker maar hoe dit werk!

Hier is ons uitnodiging:





Liewe Familie en Vriende (en blog-lesers!),
Baie dankie vir elkeen se ondersteuning met die bekendstelling van ons eerste boek, Skrywertjie. Dit was baie dapper van jou om geld uit te gee om dit te koop, nie wetende wat om te verwag nie. Dankie vir dié van julle wat my met mooi woorde aangemoedig het omdat jy met vriendelike oë ons boekie gelees het.


Indien daar nie ‘n ‘Errata’ papiertjie agterin jou boek geplak is nie, let asseblief op die volgende:
SKRYWERTJIE ERRATA
Bl.70      Prinses Charlotte se brief, vierde lyn: George ipv Charles
Bl. 84,  3de paragraaf, 3de lyn: Paradysvoëlblom
Bl. 132, 5de paragraaf: wonderlike nuus
Bl. 145, 9de paragraaf, 4de lyn: Oujaan
Bl 152, 6de paragraaf: om koffie te maak


               
 
Jammer vir die foutjies wat deurgeglip het.
Hierdie is om jou te laat weet dat die tweede boek in die reeks Moedertjie gedruk is en gereed is vir verspreiding. Dit handel oor die volgende Sophia Charlotte in die lyn, naamlik my Oumagrootjie wat gedurende haar leeftyd albei die Vryheidsoorloë sowel as die Wêreldoorloë in ‘n mindere of meerde mate beleef het. Soos in die eerste boek, is die verhaal rondom geskiedenisgebeure en familieverbintenisse en –verhoudings geweef.  In hierdie boek kon ons heelwat foto’s gebruik, asook weer ‘n paar pragtige sketse deur Fourie Ackermann. Die voorblad is ook weer deur Fourie gedoen met ‘n ou foto van my Oumagrootjie as basis. My dogter Rut het weer uitstekende navorsingswerk gedoen wat heelwat verrassings opgelewer het. Weereens was dit opwindend om die fiktiewe vertelling te verweef met die werklike gebeure.
Indien jy belangstel om dit te koop (die prys is weer R150), kan jy dit op een van drie maniere doen: woon die bekendstelling op 1 November 2013 in Randvaal, of op 15 November in Alkantrant  by, in die sysaal van die biblioteek om 10 uur(albei kere) en kry dit daar by ons (dit sal lekker wees om jou weer te sien); of bestel een by ons per e-pos, sms, of foonoproep, dan pos ons dit vir jou; of, indien jy in die Vaaldriehoek of Pretoria woon en nie ‘n bekendstelling kan bywoon of posgeld wil betaal nie, kontak my of Rut om ‘n reëling te tref vir die afhaal van die boek. Die posgeld is R30 na enige plek in Suid Afrika.
Laat weet asseblief indien jy een van die bekendstellings kan bywoon, ter wille van getalle.
Vriendelike groete,
Charlotte en Rut
NS. Daar is nog enkele vriende wat ‘Skrywertjie’ se geld verskuldig is, hulle sal weet wie hulle is. Ons herinner jou dat jy die R150 kan inbetaal by:
S.C.Stapelberg, Capitec Bank ,
Spaarrekening  nr. 1306298782
Takkode 470010
 
....met JOU NAAM as verwysing asseblief. Indien jy nie regkry om ‘n verwysing by te sit nie, sms my net en sê op watter datum jy dit inbetaal het, dan kan ek die naam by die betaling sit. Dankie, C.
Charlotte 083 945 0202         Rut 082 553 1710

Wednesday, September 18, 2013

Gideon se dagboek




Dit is darem maar lekker om konkrete bewyse van ons karakters te kry. Ek kry 'n behoorlike "kick" daaruit wanneer ek iets nuuts ontdek van een van ons "karaktes". Een so stuk opgewondenheid vir my is vasgevat in Gustav Preller se boek, 'Scheepers se Dagboek'. 

Dit was my ouma s'n wat sy oorgemaak het aan my boetie, Hein. Hier onder lyk dit asof dit oorspronklik my oupa s'n was (kyk hoe is die letters gemerk om aan te dui dat dit S.P Botha se boek is).



Dit is nou al deel van ons afrikaner geskiedenis, of 'Africana', en so boek kos al oor die R700!! Maar ek kan onthou dat my ouma die boek gehad het in haar boekrak toe sy by ons kom bly het, en ek was so bly toe ek die boek in my boetie se boekrak ontdek het! My ouma het vreeslik koerant uitknipsels en briewe gehou, en sy het self ook boeke soos die gelees en ge'edit', so sy het tipies van die name wat Gustav Preller in sy boek gesit het, doodgetrek en die regte name ingeskryf (soos die scan hieronder wys).



Nouja, ek was al baie keer spyt dat die dinge my nie geinteresseer het toe my ouma nog gelewe het nie, want dan sou sy baie "grys areas" bietjie verlig het, (en sy sou waarskynlik die dagboek vir MY gegee het en nie vir my boetie nie...haha). 

Blykbaar was my oumagrootjie, Catharina Elizabeth Scheepers, haar boetie Gideon se biograaf vir alle praktiese doeleindes, en daar moes baie erfstukke gewees het wat sy bewaar gehou het. Dit is net nogal interessant dat haar ma toe by Ant Lettie, wie die jonger sussie was, gaan bly het. Ek dink dit moet wees omdat sy graag op haar oorlede ouers se plaas wou wees.

In elk geval, so tussen deur die opwinding van ons volgende boek, "Moedertjie" (wat Vrydag bekengestel sal word by die Alkantrant Biblioteek hier in Pretoria), het ek die boek gelees, en ek bly verstom staan oor hoe besonder lief Gideon was vir sy ma. Hy het vir haar sulke mooi briewe geskryf (daar is so paar ook in "moedertjie" gesit.) daar was 'n spesiale band tussen hulle en dit moes vir haar vreeslik swaar gewees het om hom te laat gaan op so jong ouderdom (hy was maar sestien) om opleiding te kry.

My seuntjie is nou in Graad R en hy het ook nou begin om vir my briefies te skryf, hier onder is so een van sy briewe. Dink net hoe trots moes sy ma gevoel het, ek dink sy moes elke briefie so bewaar het van kleintyd af al.

Hier onder is een van my seun se briefies, ek dink ek staan 'n kans om briewe soos die van Gideon te kry as hy groot is.. 



Al wat behoue gebly het van sy dagboek is die laaste paar dae voor sy teregstelling. Iewers was daar definitef vuilspel betrokke van die Engelse se kant af ten opsigte van sy persoonlike goed, die res van sy dagboek, die briewe wat hy geskryf het vir sy ma, sy verloofde en ook sy sussies. Hy noem dit in sy dagboek (die deel wat behoue gebly het) - elkeen van die goed wat hy agterlaat (geld ook, om hom te herbegrawe op die familieplaas onder andere), maar niks was terug besorg aan sy ma nie. Op een of ander manier het die koerante sy dagboek voor sy familie in die hande gekry, en dit begin publiseer nog voor dit terugbesoeg is aan sy ma.

Ons verbeeldings kan ook natuurlik ver draaie met ons loop met sulke fondasies vir 'n storie, maar ons het reggekry om onsself redelik in toom te hou, en ons het nie sy storie en die baie verdraaiings daarvan soveel in ons boek genoem nie.

Ek self hou ook dagboek hou, ek dink die moderne weergawe van 'n dagboek is seker maar 'n blog, en dit is fantasties vir ons navorsing om so 'n stukkie goud te ontdek!

Ek wonder soms daaroor dat as my agter-agter-kleinkinders eendag wil uitwerk wie ek was en wie my ma hulle en kinders ens was, dan gaan dit eintlik vir hulle baie maklik wees, want ek het hierdie blog, ek is op facebook, ek het ons familieboom op wikitree gesit! 



Saturday, August 17, 2013

Ons nuutste boek - "Moedertjie"

Net om julle solank lus te begin maak - hier is 'n uittreksel uit ons nuwe boek.



Roodepoort, April 1877

            “Shepstone het die ZAR geannekseer vir die Britse kroon!”

            Koos storm ontsteld die kombuis binne waar Sophie besig is om pampoenkoekies te bak. Charlottha’tjie wat op die vloer gesit en speel het, begin hartseer huil. Sophie tel haar op en kyk verskrik na Koos.

            “Koos, hoe laat skrik jy my nou! Wat sê jy, my man?”

            “Ons Boererepubliek is deur die vervlakste Engelse ingeneem. Almal is in rep en roer, die manne praat van gewere regkry en perde opsaal.”

            Sophie sus die kermende Charlottha’tjie op haar linkerheup en draai behendig die pampoenkoekies een vir een om met die spaan in haar regterhand. Sy skud die pan en roep vir Selina nader om die bakkery oor te neem. Sy stoot die koffieketel oor die vuur en draai om.

            “Koos, ek gaan net die baba bors gee en in haar bedjie sit, dan sluit ek by jou aan in die voorkamer. Wag ‘n bietjie vir my, dan drink ons lekker koffie en praat rustig. Selina, dek ‘n skinkbord met bekers en gooi vir ons koffie in sodra dit warm is. Haal ook beskuit uit. Neem die skinkbord voorkamer toe.”

            In die slaapkamer gaan sit Sophie in die groen brokaatstoel wat moeder Feitjie vir haar as trougeskenk gegee het. Sy paai haar ontstelde baba en gee haar bors. Ingedagte streel sy oor die verweerde lap van die stoel en glimlag as sy aan haar moeder dink. Binnekort sal ek hierdie stoel met nuwe lap moet oortrek, dink Sophie.

Sophie sukkel om die baba aan die drink te kry. Hierdie dogtertjie van haar is ‘n vreemde kind. Sy huil asof sy honger is, maar wanneer sy ‘n paar slukkies geneem het, los sy die bors en lê en kyk Sophie intens aan. Sophie gesels saggies met haar en probeer die baba laat lag, maar die kind bly ernstig. Uiteindelik drink sy weer en raak aan Sophie se bors aan die slaap. Sophie lê haar versigtig neer en staan ‘n oomblik na haar eersteling en kyk. Dit voel vir haar asof sy na ‘n vreemde se kind kyk. Asof die kind nie aan haar behoort nie. Sy kan die trane nie keer wat oor haar wange loop nie, maar stop by die deur, vee die trane vinnig met die agterkant van haar hand weg en bring haar emosies onder beheer. Saggies trek sy die deur toe en stap na waar haar man wag.

            “Vertel my wat het gebeur en waarom is jy so ontsteld daaroor.”

            Koos roer sy koffie hewig en neem eers ‘n paar slukke voordat hy begin vertel.

            “Theophilus Shepstone, jy weet mos, die goewerneur van Natal, het met ‘n klein troepemag van om en by dertig man Pretoria ingery en die Zuid Afrikaanse Republiek geannekseer. Kan jy glo, Sophie, sonder enige onderhandeling of beraadslaging. Hulle het ’n groot fees vir die inwoners gefinansier. By hul vertrek op die twaalfde van hierdie maand het hulle die Britse vlag op Kerkplein gehys en die hele gebied noord van die Vaalrivier vir Brittanje geannekseer.” Koos beduie met ‘n swaai van sy arm die omvang van die anneksasie. “Britse troepe is besig om Middelburg binne te stroom. Ek is bitter teleurgesteld in die Britte.”

            “Waarom sou hulle dit gedoen het?” Sophie is uit die veld geslaan.

            “Daar is glo ‘n ryk goudrif ontdek anderkant Pretoria. Bid jou dit aan. Nou skielik wil hulle ons Republiek hê. Daar is groot onweerswolke in die lug vir hierdie Republiek.”

            “Koos, wat praat die mans, wil hulle weer kommando’s vorm en oorlog maak?”

            “Dis die algemene gevoel, Sophie, die manne is ontsteld, veral die jongeres. Ek hoor jou broers en jou swaer Daniel is vuur en vlam om te gaan veg.”

            “Wat van my vader Schalk?” Sophie kyk haar man deurdringend aan. Sy móét weet van Vader.

            “Vader Gideon sê jou vader is woedend, en praat van perd opsaal. Hy weier egter steeds om iets met die Scheeperse te doen te hê.”

            Sophie kyk na haar hande op haar skoot. Sy haal haar sakdoekie uit haar voorskootsak en druk vererg die halstarrige trane droog, dan prop sy dit weer in die sak en vou haar hande op haar skoot. Sy probeer hard om niks te wys van haar innerlike ontstuimigheid nie. Die feit dat sy met haar nuwe babatjie sukkel is nou klein in vergelyking met hierdie konstante hartseer in haar hart. Sy verlang na vader Schalk. Sy bid elke dag dat daar versoening sal plaasvind tussen hulle. Sy kan maar net aanhou hoop. Maar sy is nog steeds kwaad omdat hy haar uit sy huis gejaag het. Wanneer sy praat, hoor Koos die opgekropte woede in haar stem.

            “Koos, wat gebeur as al die mans op kommando gaan? As die vroue en kinders alleen op die plase agterbly tussen die vyandige Pedigroepe hier in die omtrek?” Haar hande verduidelik wat haar woorde nie kan nie.

            Koos vat albei haar rustelose hande in syne.

            “Kyk vir my, Sophie.”

            Sy kyk op in sy liefdevolle gesig. Hy glimlag vir haar.

            “Ons sal oor daardie struikelblok klim wanneer ons daar kom, my Dierbaarste. Op hierdie stadium weet ons nog nie wat gaan gebeur nie. Gelukkig het ons geen Pedi werkers meer op die plaas nie, slegs Hotnots en ‘n Zoeloe of twee. Ek sal moet wag totdat die oproep kom om kommando toe te gaan. Toe, drink jou koffie. Hierdie beskuit wat my vroutjie gebak het is heerlik. Probeer dit gerus.”
            Sophie glimlag vir haar Koos en tel haar koffiebeker op. Met al die konflik in haar binneste, kry sy nog steeds nie reg om vir haar Koos kwaad te bly nie. Hy is vir haar ‘n bemoediger. Hy bring elke dag vir haar iets om oor te lag.

Monday, August 5, 2013

Ander interessante kommentaar oor die Boere

Met my ewige soektog na inligting oor die tye waarin ons Sophias hulle in bevind, kry ek soms interessante "blogs". Die een was vir my nogals kosbaar en hier is so paar uittreksels (die link vir die blog is onderaan):

SPOKEN BY GREAT MEN
“Give me 20 divisions of American soldiers and I will breach Europe . Give me 15 consisting of Englishmen, and I will advance to the borders of Berlin . Give me two divisions of those marvelous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth.”
Field Marshal Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied forces during WWII.
“The Americans fight for a free world, the English mostly for honor and glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight; the Russians have no choice. The Germans for the Fatherland. The Boers? Those sons of bitches fight for the hell of it.”
American General, George “Guts and Glory” Patton
“Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of Nantes . The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth. Take these formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances in which no weakling could survive; place them so that they acquire skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman and the rider. Then, finally, put a fine temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern White Boer.”
Sir Arthur Conan Doyle