Pages

Tuesday, April 8, 2014

Die bal is aan die rol

Fourie Ackerman, die man wie al die sketse en voorbladdens vir ons skilder en skets was weer hier gewees, en hy sal binnekort aan die gang kom met ons derde boek - Helpertjie - se voorblad. Elke voorblad sover was die hoofkarakter (Sophia Charlotte, natuurlik) op die voorgrond, in die agtergrond was 'n berg en ook die subkarakter.

Hier is Skrywertjie se voorblad weer:

Die berg in die agtergrond is natuurlik Spandaukop wat so 'n bekende baken is van Graaff Reinet, mens sien hom selfs van die ou begraafplaas af.

Dan is ons sub-karakter natuurlik prinses Sophia Charlotte - hier is 'n bekende skildery van haar:

Ons tweede boek, Moedertjie is dieselfde komposisie gebruik:


Ons Sophia Charlotte, bietjie ge"glamourise" van hierdie foto af:
In die agtergrond is ons fiktiewe karakter - "Soufie". Sy is 'n Pedi meisie wie grootword op die sendingstasie, Botshabelo. En die berg in die agtergrond is natuurlik Majuba.

Nouja, om eg te bly aan ons eerste twee boeke, sal ons derde voorblad baie dieselfde komposisie volg, en ons het reeds besluit op die berg in die agtergrond, en die foto wat ons sal gebruik vir ons Sophia is die een:
Hoewel ons nie 100% seker is dat sy links agter staan nie, gaan ons hom gebruik. In die vorige pos het ek verduidelik hoekom ons dink dat dit sy is, en ek dink nogal dat daar trekke is tussen haar en die foto net bokant die een van haar ma toe sy 16 was?

Ek geniet hierdie deel altyd vreeslik baie - wanneer ons die prentjies en foto's bymekaar kry!

Ons trek al by 22 hoofstukke, en soos gewoonlik sal ons 'n skets of foto vir elke hoofstuk hĂȘ. Sover het ons 18 foto's wat ons dalk sal gebruik.. ons sal maar sien waarmee ons opeindig.

No comments:

Post a Comment