Ek en my ma is besig om 'n reeks boeke te skryf gebasseer op die vroue in ons lyn met die naam "Sophia Charlotte". Ons sou aanvankilik net een boek uitgee met 3 of 4 dele, maar elke vrou se storie raak net interessanter, so ons gee nou een boek per vrou uit. Dit is historiese fiksie, en dit is so aangrypend omdat hierdie vroue regtig gelewe het, en die geskiedenis van die Afrikaner vrou beleef het.
Saturday, March 16, 2013
Boekbekendstelling uitnodiging
Indien jy nie op facebook of per e-pos genooi is nie, sien dan asseblief HIERDIE "blog post" as jou uitnodiging!
Ons nooi U en U metgesel na die bekendstelling van
Skrywertjie
Boek Een in die reeks historiese romans
Die Sophia Charlotte Verhaal
wat handel oor die lewens van die interessante vroue met daardie naam in die skrywers se familie.
Dit vind plaas op die 12de April in die Vaaldriehoek by die Randvaal biblioteek om 9h30 die oggend, en dan ook op die 20ste April by die Voortrekkermonument in die Erfenisstigting se foyer om 17h30 die namiddag.
Ligte verversings, musiek en voorlesing sal bedien word, en boeke sal ook te koop wees op daardie dag.
RSVP asb teen die 5de April by charlotte.s@telkomsa.net OF rutcloete.is@gmail.com
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment